Boris Johnson

Alexander Boris de Pfeffel Johnson (gebore 19 Junie 1964), beter bekend as Boris Johnson, is 'n Britse politikus en was sedert 24 Julie 2019 die Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk (VK). Na 'n rekordgetal van bedankings uit sy regering, het hy sy hangende bedanking op 7 Julie 2022 aangekondig. Sy bedanking het op 6 September 2022 in werking getree toe hy deur Liz Truss as eerste minister opgevolg is. Hy was van 2001 tot 2008 lid van die parlement van die VK, waar hy Henley-on-Thames in die kiesafdeling van Oxfordshire verteenwoordig het. Tussen 4 Mei 2008 tot 7 Mei 2016 het hy as Londen se burgemeester gedien. Vanaf 13 Julie 2016 tot 9 Julie 2018 het Johnson die amp van minister van buitelandse en statebondsake onder die eerste minister Theresa May beklee. Op 23 Julie 2019 is Boris Johnson deur lede van die Konserwatiewe Party met 66 persent van die uitgebragte stemme as nuwe partyleier verkies. Sedert 24 Julie 2019 beklee hy die amp van eerste minister in 'n konserwatiewe minderheidsregering. Terwyl Johnson sy keuse van minsters, wat merendeels by die Konserwatiewe Party se regtervleuel gereken word, as 'n "cabinet for modern Britain" beskryf, sien kommentator Hannah Jane Parkinson (The Guardian) The most awful dinner party of all time rondom die kabinetstafel vergader. Johnson het aan die Universiteit van Oxford gestudeer en was ook president van die bekende Oxford Union. Boris was die redakteur van die inligtingstydskrif The Spectator, neem gereeld aan TV-debatte deel en is welbekend vir sy eksentrieke karakter. As boorling van New York het hy eers in 2017 afstand gedoen van sy Amerikaanse burgerskap - na bewering om belasting te bespaar. Persone met Amerikaanse burgerskap bly belastingpligtig in die Verenigde State, selfs as hulle in oorsese lande woonagtig is en moontlik 'n tweede burgerskap aanvaar het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search